суббота, 6 августа 2016 г.

Toepassingsagteware

Rekenaarprogrammeerders of rekenaarprogrammeurs skep, wysig en toets die vorms, skripte en bronteks wat vir die rekenaar sê wat om te doen. Hulle dien as die skakel tussen die operateur en die rekenaar.
Die terme rekenaarprogram, sagtewareprogram, of slegs program word gebruik om te verwys na beide 'n uitvoerbare program of die stel bronkode wat saamgestel word om 'n uitvoerbare program te skep.
Toepassingsagteware is gewoonlik die rekenaarprogramme wat gebruik word vir die uitvoer van 'n spesifieke taak. Dit staan in kontras met 'n stelselsagteware wat die basiese stel programme is wat toelaat dat programme toegang kan verkry tot die hardeware, en gebruik word om toepassingsagteware uit te voer.
Die programmatuur wat dit moontlik maak vir 'n rekenaargebruiker om die hardeware binne die rekenaar en geïnstalleerde sagteware te kan gebruik of manipuleer. 'n Basiese rekenaar het slegs 'n BIOS (Basic Input Output System) wat die rekenaar effektief net kan aanskakel. Om programmatuur op die sisteem te laai wat die bedryf van die rekenaar toelaat is bedryfstelsels nodig. 'n Bedryfstelsel sluit nie werklik toepassingsagteware in nie, maar is die onderleg van die rekenaar se funksies. Benewens die bedryfstelsel kan toepassings gelaai word. Microsoft Office, OpenOffice.org, StarOffice en

Комментариев нет:

Отправить комментарий